Soorte resepte:

Resep: Koffiekoek

(Foto: Unsplash/Henry Be)

Lewer twee lae van 20 cm in deursnee of drie van 15 cm in deursnee.

Bestanddele

  • 440 (1¾ k) meel
  • 500 g (2 k) suiker
  • 190 ml (¾ k) kakao
  • 7,5 ml (1½ t) koeksoda
  • 3 ml (¾ t) sout
  • 2 groot eiers
  • 250 ml (1 k) karringmelk
  • 125 ml (½ k) gesmelte botter
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 250 ml (1 k) vars gebroude koffie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Meng die droë bestanddele in ʼn groot bak.
  3. Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits tot glad. Roer die warm koffie by. Die beslag is baie loperig.
  4. Giet die beslag in voorbereide panne en bak vir ongeveer 30 tot 35 minute vir die 20 cm-lae en 25 tot 30 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ʼn toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom.
  5. Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.