Resep: Kondensmelkkoekies

Foto: stayathomemum.com.au

Foto: stayathomemum.com.au

(Baie bros)

Bestanddele:
12 k koekmeel
3 k suiker
1½ lb (750 g) margarien
4 eiers
1 blik kondensmelk
1 e stroop
3 t koeksoda
3 t kremetart
½ t sout

Metode:
1. Room botter en suiker, gooi eiers een vir een in.
2. Voeg kondensmelk en stroop by en meng goed.
3. Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by.
4. Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeul met koekiemaker vooraan (kan ook balletjies gemaak word).
5. Bak 15 – 20 minute by 180°C.
6. Sit op mekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae