Soorte resepte:

Resep: Konfyttert

Konfyttert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hier is iets vir jou soettand!

Bestanddele

  • 1 x 400 g skilferkorsdeeg
  • 1-2 eierwitte
  • ¾ k (180 ml) appelkooskonfyt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Rol die skilferkors op ʼn meelbestrooide oppervlak uit.
  3. Voer ʼn tertbord met die deeg en smeer ʼn dun laag appelkooskonfyt bo-oor.
  4. Sny repe deeg en rangskik dit oor die konfyt sodat dit ʼn traliewerk vorm. Verf die rande van die deeg met die eierwitte en plaas nog ʼn deegstrook rondom sodat die punte van die traliewerk bedek is.
  5. Bak vir 20-30 minute tot goudbruin.
  6. Vir die beste resultaat moet jy die klaargemaakte tert in die yskas plaas vir ± 15 minµte voor dit gebak word – die deeg moet yskoud in die oond gaan.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.