Soorte resepte:

[Resep] Kul-die-boerbeskuit

kul-die-boerbeskuit

Kul-die-boerbeskuit Foto: Lekker & Vinnig

Daar is niks so lekker soos ʼn koppie boeretroos en beskuit nie.

(Uit: Eet saam, GKSA)

Lewer 2-2,5 kg

Bestanddele:

  • 250 g (250 ml) margarien of botter
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 1 liter melk
  • 15 ml sout
  • 25 ml olie
  • 1,5 kg bruismeel
  • 15 ml kremetart

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die margarien of botter en suiker saam. Voeg die melk en sout by. Laat effens afkoel en roer dan die olie by.
  3. Sif die bruismeel en kremetart in ʼn aparte bak.
  4. Voeg die melkmengsel by en meng goed met ʼn houtlepel (omtrent 10 minute).
  5. Maak bolletjies en pak in ʼn gesmeerde groot oond- of brood pan. Bak 30-45 minute.
  6. Breek die bolletjies oop terwyl dit warm is en droog dit oornag uit in ʼn koel oond by 100 °C uit. Laat die oonddeur op ʼn skrefie oopstaan.
  7. Bêre die beskuit in ʼn lugdigte houer.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
SNEL

Baie dankie vir die resep, gaan dit beslis probeer.

Z

Jene dit klink heerlik. Net ‘n vragie – is dit nodig om die beskuit deurnag op 100 grade te laat uitdroog of is daar dalk ‘n ander manier ook om dit te doen? Krag is duur en wil ek nie graag my oond deurnag laat werk nie.

Juffrou

Ek stem saam met SNEL!