Soorte resepte:

Resep: Lasagne met kaassous

Lasagne met kaassous (Foto: Lapa-uitgewers/Onthoukos)

Lewer 8 porsies

Bestanddele

500 g (2 bokse) lasagnevelle

MAALVLEISLAAG

genoeg CLOVER Farmstyle-botter
2 uie, gekap
3 selderystingels, gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
700 g beesmaalvleis
2 wortels, grof gerasper
820 g (410 g x 2 blikke) gekapte tamaties
125 ml (½ k) rooiwyn
100 g (50 g x 2 blikkies) tamatiepasta
10 ml (2 t) Worcestersous
2,5 ml (½ t) sout
1 ml swartpeper
30 ml (2 e) suiker
ekstra CLOVER Farmstyle-botter

KAASSOUS

80 g CLOVER Farmstyle-botter
80 ml (⅓ k) koekmeel
750 ml (3 k) warm CLOVER-volroommelk
2,5 ml (½ t) sout
knippie rooipeper
375 ml (1 ½ k) CLOVER-cheddarkaas, gerasper

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °c.
2. Smelt genoeg botter en braai die uie, seldery en pietersielie totdat die uie sag is.
3. Voeg die maalvleis by en braai tot die maalvleis gaar en los van mekaar is.
4. Voeg die wortels, tamaties, rooiwyn, tamatiepasta, Worcestersous, sout, peper en suiker by.
5. Laat prut oor medium hitte vir 20 minute sonder ‘n deksel sodat van die vloeistof kan verdamp.
6. Smeer ‘n diep oondbak van ongeveer 32 cm x 22 cm goed met botter.

KAASSOUS

7. Smelt die botter en koekmeel saam in ‘n kastrol.
8. Giet die warm melk bietjie vir bietjie by terwyl die witsous met ‘n ballonklitser geroer word. Hou aan roer tot al die melk bygevoeg is.
9. Laat kook vir 2 tot 3 minute tot die witsous verdik is. Haal van die stoofplaat af.
10. Roer die sout, rooipeper en 250 ml (1 k) van gerasperde kaas by.
11. Skep ‘n bietjie van die witsous op die bodem van die gesmeerde oondbak.
12. Pak lasagnevelle op die bodem van die hele bak.
13. Skep ‘n derde van maalvleismengsel bo-op, gevolg deur ‘n lagie lasagnevelle en witsous. Herhaal hierdie lae nog twee keer sodat lasagne drie maalvleis-lae het.
14. Sprinkel die oorblywende cheddarkaas bo-oor en bak vir 40 minute of tot die toetspen deur die lasagnevelle kan steek.
15. Sit warm voor saam met ‘n slaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.