Soorte resepte:

Resep: Lemmetjiemarmeladekoekies

Lemmetjiemarmeladekoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Saam met ʼn lekker koppie boeretroos sal dié koekies wonderlik wees.

Bestanddele

  • 150 g (170 ml) sagte botter of margarien
  • 100 g (115 ml) strooisuiker
  • knippie sout
  • 3 ml gemaalde neutmuskaat
  • skil van een suurlemoen, fyngerasper
  • 1 eiergeel, geklits
  • 250 g (450 ml) koekmeelblom, gesif
  • 1 eierwit, liggies geklits
  • 100 ml lemmetjiemarmelade

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
  2. Klop die botter of margarien en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Voeg die sout, neutmuskaat, suurlemoenskil en eiergeel by en meng.
  4. Voeg die meel by en meng tot ʼn stywe deeg. Knie dit liggies en plaas in yskas vir 2 uur.
  5. Rol die deeg tot 2 mm dik uit en druk sirkels uit.
  6. Neem die helfte van die sirkels en druk die middelste deel met ʼn kleiner drukker uit sodat ringe gevorm word.
  7. Plaas die sirkels op ʼn gesmeerde bakplaat en bestryk met die geklitste eierwit.
  8. Bedek elke sirkel met ʼn ring en vul elke holte met 5 ml marmelade.
  9. Bak vir 12 tot 15 minute.

Bron: 101 koekies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.