Soorte resepte:

Resep: Lemoen-en-amandel-koekies

Lemoen-en-amandel-koekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Probeer iets nuuts met hierdie heerlike soet versnapering.

Lewer 12 koekies.

Bestanddele

Kolwyntjies

  • 125 g sagte botter
  • 166 ml strooisuiker
  • 2 ekstragroot eiers
  • skil van 1 lemoen, fyngerasper
  • 60 ml lemoensap
  • 250 ml bruismeel
  • knippie sout
  • 187 ml gemaalde amandels

Stroop

  • 250 ml lemoensap
  • 5 ml suurlemoensap
  • 187 ml strooisuiker

Afronding

  • 125 g mascarponekaas
  • 30 ml pistasieneute, grofgekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit metaalramekinbakkies met kleefwerende kossproei.
  2. Koekies: Verroom die botter en strooisuiker tot liggeel. Klits die eiers een vir een by tot goed gemeng. Roer die lemoenskil en -sap by.
  3. Sif die bruismeel en sout oor die bottermengsel. Voeg die amandels by en roer tot goed gemeng.
  4. Skep die voorbereide bakkies driekwart vol beslag. Plaas die bakkies in ‘n groot oondpan sodat dit makliker is om te hanteer.
  5. Bak vir 18 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  6. Laat die koekies ‘n bietjie in die bakkies afkoel en keer dan op ‘n draadrakkie uit.
  7. Stroop: Verhit die stroopbestanddele in ‘n kastrol tot kookpunt. Roer dit af en toe. Verlaag die hitte wanneer dit kook en laat vir 5 minute oor lae hitte prut.
  8. Plaas ‘n groot genoeg bord onder die draadrakkie en bedruip die koekies met die warm stroop.
  9. Afronding: Bedien die koekies met ‘n skeppie mascarponekaas en pistasieneute.

Bron: Teetydlekkernye 
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.