Bederf die vrou in jou lewe met dié lekker soentjies. Genoeg vir ongeveer 30
Bestanddele:
- 250 g sagte Clover Mooi River-botter
- ½ k (55 g) versiersuiker, gesif
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
- 1 ¾ k (245 g) koekmeel
- ¼ k (30 g) vlapoeier
- 2 e (30 ml) mielieblom
Vulsel
- ¼ k (60 g) Clover Mooi River-botter, by kamertemperatuur
- skil van 1 lemoen, fyn gerasper
- ¾ k (100 g) versiersuiker, gesif
- 2 e (30 ml) vlapoeier
Metode:
- Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n bakplaat.
- Room die botter, versiersuiker en vanieljegeursel tot lig en romerig.
- Sif die meel, vlapoeier en mielieblom saam en roer by die bottermengsel tot net gemeng.
- Vorm die deeg met meelbestrooide hande in klein balletjies en rangskik 4 cm uitmekaar op die bakplaat
- Doop ’n vurk in meel en druk die balletjies daarmee platter tot ongeveer 1 cm dik.
- Bak 10 tot 12 minute of tot deurgaar.
- Laat op ’n afkoelrakkie afkoel.
Maak die vulsel
- Klits die botter en lemoenskil saam tot lig en romerig.
- Voeg die versiersuiker en vlapoeier by en meng deur.
- Verkoel tot benodig.
- Plak die koekies twee-twee op mekaar met die vulsel.
Bron: Lekker en vinnig 7: Trooskos
Uitgewer: Lapa
Koekies moet baie langer as 10- 12 min op 160° in wees!!..
Clover Mooirivier botter!!!! Mense, daai botter kos nou R64.95 vir 500gr. Ons kan seker ander botter ook gebruik. First Choice botter bly maar my eerste keuse.
My ondervinding werk Stork Bake net so goed!