Soorte resepte:

Resep: Lemoenkoekies

Lemoenkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike koekies vir teetyd.
Lewer 80 koekies

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 60 ml (¼ k) sonneblomolie
  • 15 ml (1 e) lemoengeursel
  • 1 eier, geklits
  • 5 ml (1 t) fyn gedroogde nartjieskil
  • 4 x 250 ml (500 g) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • pienk cachous-lekkers (pienk pilletjies) vir versiering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die olie, lemoengeursel en eier by die bottermengsel en meng goed.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die nartjieskil deur. Meng die botter-en-oliemengsel met die droë bestanddele tot ’n deeg vorm. Plaas was- of bakpapier op die deeg en rol dit egalig op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Gebruik ’n deegwieletjie om patrone op die deeg te trek.
  4. Druk die koekies met ’n ronde koekiedrukker uit en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Versier elke koekie met een cachous-lekker en bak vir 15-20 minute. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel, verwyder dit en plaas dit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Bron: Soettand

Uitgewer: Lapa-uitgewer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.