Soorte resepte:

[Resep] Ma Bettie se koffiekoekies

Foto: rainbowcooking.co.nz

Ma Bettie se koffiekoekies. Foto: rainbowcooking.co.nz

Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié resep ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir nog unieke resepte en interessante artikels oor koffie!

Bestanddele:

  • 5 koppies meel
  • ½ k stroop
  • 1 k suiker
  • 4 skeute (shots) espresso
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250g botter
  • 10 ml koeksoda

Vulsel

  • 6 Eetlepels botter
  • 1 Skeut (shot) espresso
  • versiersuiker

Metode:

  1. Verhit oond tot 180°C.
  2. Meng botter en suiker en klop tot romerig.
  3. Voeg ander bestanddele by.
  4. Voeg genoeg meel by totdat mengsel styf genoeg is vir die koekiemeul.
  5. Druk deeg deur koekiemeul en plaas op gesmeerde bakplaat.
  6. Sny in eweredige lengtes van ongeveer 10cm en bak in die oond vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
  7. Laat afkoel. Smeer koekies met vulsel en plak op mekaar. Bedien saam met koffie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
ELF

My Ouma Poppie het altyd ricoffy koffie gevat en saam haar beslag gemeng. Die icing was soet met koffie geur van koekies. Alte lekker

Jani

Alternatief vir koffiemeultjie?