Soorte resepte:

Resep: Maalvleispoffers

Maalvleispoffers (Foto: Lapa Uitgewers)

Is jy op soek na idees vir jou kind se kosblik? Probeer dan gerus dié maklike maalvleispoffers.

Lewer sowat 48 poffertjies

Bestanddele

MAALVLEIS

  • bietjie olie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 ml vars gekapte knoffel
  • 400 g maer beesmaalvleis
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml cheddarkaas, fyn gerasper

POFFERS

  • 250 ml melk
  • 125 ml olie
  • 2 ekstragroot eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml Aromat
  • knypie sout
  • bietjie paprika vir bo-oor

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C en spuit klein muffinpannetjies met kleefwerende kossproei.

MAALVLEIS

  1. Verhit die olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg maalvleis by en roer tot gaar. Voeg die kruie, sout en peper by en roer deur.
  3. Verwyder die vleismengsel van hitte en roer die kaas by. Hou eenkant.

POFFERS

  1. Klits die melk, olie en eiers saam.
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier, Aromat en sout. Meng die meelmengsel en die eiermengsel saam.
  3. Skep 5 ml-beslag in elke holte van die voorbereide muffinpannetjies.
  4. Skep ongeveer 5 ml van die maalvleismengsel bo-op die beslag. Skep weer 5 ml van die beslag bo-op. Strooi ‘n bietjie paprika bo-oor.
  5. Bak vir 15 minute of tot goudbruin bo-op. Sit louwarm voor.

Bron: Oorspronklik gepubliseer in 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.