Allergies vir eier? Hierdie muffins is perfek vir ʼn kosblik of peuselhappie!
Bestanddele
- 3 ryp piesangs, fyngedruk
- ¾ k bruinsuiker
- ½ k kanola-olie
- 1/3 k ongegeurde jogurt
- 1 ½ k koekmeel
- 2 t bakpoeier
- knypie sout
- 1/3 k geroosterde fyngekapte amandels of ander neute van jou keuse (opsioneel, maar die amandels maak dit regtig lekker)
Metode
- Voorverhit oond tot 200 °C. Spuit ʼn muffinpan met plek vir 12 muffins.
- Druk die piesang fyn. Voeg die nat bestanddele by en meng goed.
- Sif die droë bestanddele en voeg dit by die nat bestanddele. Meng deur tot net gemeng.
- Maak die muffinpannetjies ¾ vol.
- Verlaag die oond se temperatuur tot 180 grade en bak die muffins vir 20 minute (tot ligbruin en gaar).