Soorte resepte:

Resep: Maklike kaiingpotbrood

Maklike kaiingpotbrood (Foto: Lapa-uitgewers)

Die brood is heerlik saam met sop óf net so!
Lewer 1 groot brood

Bestanddele

  • 1 kg witbroodmeel
  • 4 x 250 ml semels
  • 10 ml (2 t) sout
  • 10 ml (2 t) suiker
  • 1 x 10 g-pakkie kitsgis
  • 4 x 250 ml louwarm water
  • 45 ml (3 e) kanola-olie
  • 15 ml (1 e) asyn
  • 500 ml (2 k) uitgebraaide kaiings

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n ronde ysterpot met olie.
  2. Meng die meel, semels, sout, suiker en gis saam in ’n groot mengbak.
  3. Meng die water, olie en asyn saam en voeg dit by die meelmengsel. Die deeg word nie geknie nie, so dit moet redelik slap wees. Voeg nog ’n bietjie louwarm water by indien nodig.
  4. Roer die kaiings deur die deeg en skep dit in die voorbereide ysterpot. Laat die pot op ’n warm plek rus vir 1 uur sodat die deeg kan rys.
  5. Bak die brood vir 1 uur tot gaar of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Bron: 50 sop-en-broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.