ʼn Heerlike happie op jou kaasbord.
Maak 18 tot 24 vingers
Bestanddele
- 30 g Clover Farmstylebotter
- 1 k (250 ml) hawermoutvlokkies
- 2 k (500 ml) Clovercheddarkaas, gerasper
- 1 eier, geklits
- 1 t (5 ml) gekapte vars roosmaryn
- knypie rooipeper
- knypie sout
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smelt die botter in ’n kastrol en meng met die ander bestanddele. Plaas die mengsel in ’n gesmeerde koekpan van 20 cm en bak vir 30 minute of tot goudbruin.
- Sny in vingervormige porsies terwyl dit steeds warm is.
Bron: Teepartytjie
Uitgewer: Lapa