Soorte resepte:

Resep: Maklike skons

Maklike skons (Foto: Christo Brits)

Vinnig, maklik en lekker!

Bestanddele

  • 250 ml Sprite
  • 250 ml room
  • 3 k bruismeel
  • 1 t sout

Metode

  1. Meng die droë bestanddele in ʼn mengbak.
  2. Meng Sprite en room saam.
  3. Voeg vloeistof by droë bestanddele en meng liggies.
  4. Skep desertlepels vol in muffinpan en verf geklitste eier bo-oor.
  5. Bak vir 15 minute teen 200 °C.

Wenk: As beslag te droog lyk, voeg ʼn bietjie Sprite by.

 

Resep: Christo Brits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.