Soorte resepte:

Resep: Maklikste mieliebroodjie

Maklikste mieliebroodjie (Foto: Colette Schultz)

Hierdie mieliebroodjie is ʼn heerlike bykos saam met braaivleis. Dit bevat min bestanddele en is baie maklik om te maak.

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
  • ¼ t sout

Metode

  • Meng al die bestanddele goed saam.
  • Gooi die mengsel in ʼn mediumgrootte gesmeerde broodpan.
  • Bak by 180 °C vir 1 uur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.