Is jou vrugtekoek al gebak?
Bestanddele
- 1 kg vrugtekoekmengsel
- 2 koppies lemoensap
- 2 koppies bruismeel
- 2 teelepels koeksoda
- 2 teelepels gemengde speserye
- ekstra neute en kersies (opsioneel)
Metode
- Week vrugte oornag in lemoensap.
- Smeer en voer ’n koekpan met waspapier uit.
- Sif bruismeel, koeksoda en gemengde speserye saam en voeg by vrugte-en-sapmengsel. Meng goed en gooi die beslag in die gesmeerde koekpan.
- Bak in ’n voorverhitte oond by 130 °C vir 2 ure lank.
- Keer die koek uit en laat goed afkoel.
- Draai toe in foelie en bedruip met brandewyn of lemoensap elke 5 dae.
Resep: Colette Schultz
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Vreeslik baie dankie.
Gaan definitief my eie vrugtekoek bak, en sommer self op eet.
Niemand in my familie hou van vrugtekoek nie.
Nogal interessant dat jy dit SONDER alkohol kan maak. Nie almal kan of wil alkohol in hul kos hê nie.