Soorte resepte:

Resep: Malvapoeding

Malvapoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Ryk, souserig en heerlik!
Genoeg vir 6

Bestanddele

  • 1 e (15 ml) Clover Farmstyle-botter
  • ½ k (125 ml) suiker
  • 1 eier
  • 2 e (30 ml) appelkooskonfyt
  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • ½ t (2 ml) sout
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • ½ k (125 ml) Clover­volroommelk
  • 1 e (15 ml) asyn
  • 1 t (5 ml) koeksoda

SOUS

  • ½ k (115 ml) Clover Farmstyle-botter
  • ½ k (125 ml) suiker
  • ¼ k (60 ml) water
  • ¾ k (180 ml) Clover-room
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en konfyt by en meng goed.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die suikermengsel. Voeg die melk, asyn en koeksoda saam en roer by die meel-en-bottermengsel om ’n beslag te vorm. Giet in ’n oondvaste bak en bak vir 45 tot 50 minute.

SOUS

  1. Smelt die botter, suiker en water oor matige hitte in ’n kastrol. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos het. Verwyder van die hitte en roer die room en vanieljegeursel by. Giet die warm sous oor die warm nagereg sodra dit uit die oond kom.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.