Ag nee, daar gaan al die sprake van ʼn dieet. Hoe kan mens nou nee sê vir hierdie lekkerny?
Lewer 12 muffins
Bestanddele:
- 1 k mieliemeel
- 1 k broodmeel
- knippie sout
- 4 t bakpoeier
- 1 e suiker
- ¼ k gerasperde kaas
- 2 uie, gekap en gebraai
- 1 eier
- 1k room
- 1 k melk
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200°C en smeer ʼn muffinpannetjie met botter.
- Sif die droë bestanddele saam en meng die suiker, kaas en uie by.
- Kilts die eier, room en melk saam.
- Meng die eiermengsel baie liggies met die droë mengsel.
- Skep in die voorbereide muffinpannetjies en bak vir 20-25 minute. Sit warm voor met botter.
Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Goeiedag.
Net ‘n versoek – kan julle asb die resepte so maak dat mens dit op een of ander manier ka n druk. Dit is nie almal van ons wat tablette het wat ons kombuis toe kan dra om die lekker goed te maak nie.
Dankiw