Soorte resepte:

Resep: Muffin met piesang, dadel en pekanneut

Piesang-dadel-en-pekanneutmuffins (Foto: Lapa-uitgewers)

Bederf jouself!

Bestanddele

  • 2 k (500 ml) bruismeel
  • ⅓ k (85 ml) koekmeel
  • 1 t (5 ml) fyn kaneel
  • ½ t (2,5 ml) koeksoda
  • ½ k (125 ml) sagte bruinsuiker
  • ½ k (125 ml) dadels, ontpit en fyngekap
  • ½ k (125 ml) pekanneute, fyngekap
  • 1 k (2 groot) ryp piesangs, fyngedruk
  • 1 k (250 ml) Clover Amasi
  • ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
  • ⅓ k (80 ml) sonneblomolie
  • 2 eiers, liggies geklits

Roomkaasbolaag

  • ½ k (125 ml) roomkaas
  • ½ k (125 ml) versiersuiker, gesif
  • 1 t (5 ml) fyn kaneel

Om te versier (opsioneel)

  • 2 e (30 ml) pekanneute, gekap
  • ’n paar versiersuikerblommetjies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n muffinpan of plaas papier-muffinbakkies in die holtes.
  2. Sif die bruismeel, koekmeel, kaneel en koeksoda in ’n groot mengbak saam. Roer die suiker, dadels en pekanneute by.
  3. Roer die res van die bestanddele saam tot net gemeng. Vou dit versigtig by die meelmengsel in. Moenie te veel roer nie.
  4. Skep die beslag egalig in die muffinpan of -papiertjies. Bak dit vir 20 tot 25 minute of tot goudkleurig en gaar. Laat dit afkoel.

Roomkaasbolaag

  1. Meng die roomkaas, versiersuiker en kaneel tot glad en dik en versier die muffins daarmee. Strooi gekapte pekanneute of klein versiersuikerblommetjies oor.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.