Soorte resepte:

Resep: ‘Net Koffie’ se sjokolade-en-koffie kolwyntjies

‘Net Koffie’ se sjokolade-en-koffie kolwyntjies. (Foto: verskaf)

Versier jou volgende soetgoed-skinkbord met ‘Net Koffie’ se smaaklike sjokolade-en-koffie‑kolwyntjies.

Voorbereidingstyd: 17 min.

Bak tyd: 18 min.

Bestanddele

  • ⅔ k volroommelk
  • 5 e botter, gesmelt
  • 3 e gemaalde koffie
  • 1½ t vanielje-ekstrak
  • 1 groot eier, liggies geklits
  • 2 k meel
  • ⅔ k suiker
  • ½ k halfsoet sjokoladesplinters
  • 2 t bakpoeier
  • ¼ t sout
  • Baksproei

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Kombineer eerste vyf bestanddele.
  3. Skep meel liggies in droë maatbeker en maak met ’n mes gelyk. Meng meel en volgende 4 bestanddele in ’n groot mengbak; meng goed met ’n klitser. Maak ’n holte in die middel van meelmengsel. Voeg melkmengsel by meelmengsel; roer net tot klam.
  4. Skep beslag in 12 kolwyntjiekoppies wat met baksproei gespuit is. Bak by 200 °C vir 18 minute of tot gaar. Haal muffins dadelik uit pan; plaas op ’n draadrak om af te koel.
  • Net Koffie word op Sondae om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.