Maak jou beskuitblik vir ʼn verandering vol met tuisgebakte beskuit.
Lewer ongeveer 48 stukke beskuit.
Bestanddele
- 500 g (1 blok) botter, gesmelt
- 500 ml suiker
- 2 eiers, geklits
- 625 ml karringmelk
- 1 kg bruismeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 375 ml hawermout
- 375 ml gekapte droë pere
- 190 ml rosyntjies
- 750 ml semels
- 100 g (1 pakkie) gemaalde amandels
- 100 g (1 pakkie) kasjoeneute, gekap
- 60 ml papawersaad
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smelt die botter en roer die suiker by.
- Voeg die eiers by die bottermengsel en karringmelk. Hou eenkant.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer die res van die bestanddele, asook die karringmelkmengsel, alles saam.
- Skep in gesmeerde broodpannetjies en bak 45 min of tot toetspen skoon uitkom.
- Keer uit, laat afkoel en sny in stukkies.
- Droog die beskuit oornag in die oond by 70 °C.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa