Soorte resepte:

Resep: Neut-en-peerbeskuit

Neut-en-peerbeskuit (Foto: Lapa Uitgewers)

Maak jou beskuitblik vir ʼn verandering vol met tuisgebakte beskuit.

Lewer ongeveer 48 stukke beskuit.

Bestanddele

  • 500 g (1 blok) botter, gesmelt
  • 500 ml suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 625 ml karringmelk
  • 1 kg bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 375 ml hawermout
  • 375 ml gekapte droë pere
  • 190 ml rosyntjies
  • 750 ml semels
  • 100 g (1 pakkie) gemaalde amandels
  • 100 g (1 pakkie) kasjoeneute, gekap
  • 60 ml papawersaad

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smelt die botter en roer die suiker by.
  3. Voeg die eiers by die bottermengsel en karringmelk. Hou eenkant.
  4. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer die res van die bestanddele, asook die karringmelkmengsel, alles saam.
  5. Skep in gesmeerde broodpannetjies en bak 45 min of tot toetspen skoon uitkom.
  6. Keer uit, laat afkoel en sny in stukkies.
  7. Droog die beskuit oornag in die oond by 70 °C.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.