Soorte resepte:

Resep: Onderstebo-pynappelkoek

Onderstebo-pynappelkoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie koek lyk sommer of hy gereed is vir partytjie hou!

Lewer 8-12 porsies

Bestanddele

  • 1 x 440 g-blik pynappelringe, gedreineer
  • 250 g botter
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 3 ekstragroot eiers
  • 5 ml (1 t) pynappelgeursel
  • 15 ml (1 e) olie
  • 750 ml (3 k) bruismeel
  • ’n knypie sout
  • ’n paar groen en rooi glanskersies

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n 22 cm ronde koekpan.
  2. Plaas die pynappelringe op die bodem van die voorbereide koekpan.
  3. Smelt die botter tot net sag en voeg die suiker by. Roer met ’n houtlepel tot goed gemeng.
  4. Klits die eiers, pynappelgeursel en olie saam tot goed gemeng. Voeg die eiermengsel by die bottermengsel en meng goed.
  5. Sif die bruismeel en sout saam in ’n mengbak. Roer die meelmengsel by die bottermengsel tot ’n deeg vorm.
  6. Skep die deeg versigtig bo-op die pynappelringe en maak die deeg gelyk met die agterkant van ’n lepel.
  7. Bak die koek vir 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek eers effens in pan afkoel en keer dan op draadrakkie uit om heeltemal af te koel. Plaas kersies in die middel van die pynappelringe en bedien.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.