Soorte resepte:

Resep: Ontbytkoekies

Ontbytkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié koekies is heerlik as ʼn vinnige ontbyt, energiehappie of iets vir die kosblik.

Lewer 15 groot koekies

Bestanddele

  • 2 ryp piesangs, fyngedruk
  • ½ k heuning
  • 1 t vanieljegeursel
  • ½ k grondboontjiebotter, by kamertemperatuur
  • 1 eier
  • knippie sout
  • ½ t kaneel
  • 2½ k hawermout
  • 1 k klapper
  • ½ t bakpoeier
  • ½ k sjokoladesplinters (opsioneel)

Metode

  1. Meng fyn piesang, heuning, geursel, grondboontjiebotter, eier, sout en kaneel saam in ʼn mengbak.
  2. Voeg hawermout, klapper en bakpoeier by en meng deeglik. Roer sjokoladesplinters by.
  3. Skep lepelsvol op ʼn uitgevoerde bakplaat en maak dit effens plat. Bak vir 15 minute by 180°C.

Wenk: Sjokoladeslinters kan vervang word met rosyntjies.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.