Dié koekies is heerlik as ʼn vinnige ontbyt, energiehappie of iets vir die kosblik.
Lewer 15 groot koekies
Bestanddele
- 2 ryp piesangs, fyngedruk
- ½ k heuning
- 1 t vanieljegeursel
- ½ k grondboontjiebotter, by kamertemperatuur
- 1 eier
- knippie sout
- ½ t kaneel
- 2½ k hawermout
- 1 k klapper
- ½ t bakpoeier
- ½ k sjokoladesplinters (opsioneel)
Metode
- Meng fyn piesang, heuning, geursel, grondboontjiebotter, eier, sout en kaneel saam in ʼn mengbak.
- Voeg hawermout, klapper en bakpoeier by en meng deeglik. Roer sjokoladesplinters by.
- Skep lepelsvol op ʼn uitgevoerde bakplaat en maak dit effens plat. Bak vir 15 minute by 180°C.
Wenk: Sjokoladeslinters kan vervang word met rosyntjies.
Resep: Janie Monsieur