Soorte resepte:

Resep: Oreo-kaaskoek

Oreo-kaaskoek (Foto: Lapa)

Heerlik, vinnig en maklik!

Lewer 12 porsies.

Bestanddele

KORS
2 x 176 g pakkies Oreo-koekies
45 ml (3 e) gesmelte botter

VULSEL
500 g roomkaas
80 ml (⅓ k) strooisuiker
125 ml (½ k) suurroom
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 eier
1 x 176 g pakkie Oreo-koekies, grofgekap

VERSIERING
125 ml (½ k) suurroom
kakao

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ʼn 20 cm-losboom koekpan.
  2. KORS: Meng die koekies en gesmelte botter in ʼn voedselverwerker en pols tot alles goed gemeng is. Druk die kors op die bodem van die pan vas en bak dit vir 10 minute.
  3. VULSEL: Klits die roomkaas, strooisuiker, suurroom, sout, vanieljegeursel en eier saam in ʼn mengbak. Skep die vulsel op die voorbereide kors. Strooi die helfte van die gebreekte koekies oor die vulsel en vou dit versigtig in.
  4. Bak die kaaskoek vir 1¼ uur of tot gaar, maar nog nie heeltemal gestol in die middel nie. Skakel die oond af, maak die oonddeur op ʼn skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond om af te koel.
  5. Plaas die kaaskoek in die yskas sodra dit heeltemal in die oond afgekoel het en verkoel dit vir ʼn paar uur.
  6. VERSIERING: Skep van die suurroom op die koek, strooi van die kakao oor en rond die koek af met die oorblywende gekapte koekies.

Bron: Soettand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellisras ·

Die kitspoeding yskastert is fantasties. Baie soet. So dit is een maal ‘n maand

Tienie ·

Dankietog ek het nou iets geleer om die resep te e pos sodat mens die resep kan print en gebruik.

Die “paperless” besigheid is nie vir my nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.