Soorte resepte:

[Resep] Ou-Kaapsebrandewyntert

Foto: Lekker & Vinnig -  Tradisionele kos

Ou-Kaapsebrandewyntert. Foto: Lekker & Vinnig – Tradisionele kos

Die brandewyn kan met lemoensap vervang word, maar ons raai dit nie aan nie …

(Uit: Spogresepte, Suid-Afrikaanse Vroue-landbou-unie)

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

Beslag

  • 250 g dadels, in stukkies gebreek
  • 250 ml water
  • 5 ml koeksoda
  • 200 ml suiker
  • 100 ml botter
  • 2 eiers
  • 375 ml koekmeel, gesif
  • 2,5 ml bakpoeier

Stroop

  • 250 ml water
  • 250 ml suiker
  • 10 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml brandewyn

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 2 liter-oondbak met botter.
  2. BESLAG: Verhit die dadels en water saam tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die dadels sag is. Verwyder dit van die hitte en voeg die koeksoda by. Die mengsel sal skuim. Laat dit afkoel.
  3. Klits die suiker en botter tot lig en donsig en klits die eiers een-een by. Klits deeglik en vou die meel en bakpoeier in. Roer die dadelmengsel by.
  4. Giet die beslag in die oondbak en bak dit 30-45 minute of tot gaar.
  5. STROOP: Verhit intussen die water, suiker en botter en laat prut om ’n dun stroop te vorm. Verwyder dit van die hitte en voeg die vanieljegeursel en brandewyn by.
  6. Gooi die warm stroop oor die warm tert en laat dit goed intrek.

Variasies:

  1. Voeg 125 ml gekapte pekanneute saam met die dadelmengsel by die beslag.
  2. Die poeding kan ook in individuele porsies gebak word. Gebruik groot ramekins of ander oondvaste bakkies. Die baktyd sal effens korter wees.
  3. Die brandewyn kan met lemoensap vervang word.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.