Soorte resepte:

Resep: Ouma Elsa se melktert

Melktert

Argieffoto.

Vandag is Nasionale Melktertdag, en ʼn familieresep werk altyd die beste vir ou gunstelinge!

Die bestanddele is genoeg vir drie terte

KORS

Bestanddele

  • 250 ml meel
  • 1 t bakpoeier
  • 1 eiergeel (hou wit vir vulsel)
  • 60 g botter (nie margarien nie)
  • sout

Metode

  1. Voorverhit oond tot 210 °C
  2. Voeg genoeg melk by eiergeel om ¼ k te maak, klits.
  3. Vryf botter in gesifte droë bestanddele.
  4. Voeg melkmengsel by en meng liggies – moenie te veel hanteer nie.
  5. Deel in 3 dele, rol uit en druk op gesmeerde tertborde.
  6. Prik liggies met ’n vurk en bak vir ongeveer 10 minute.

VULSEL

Bestanddele

  • 9 k melk
  • 1½ k suiker
  • 9 x 25 ml Maizena
  • 6 eiers, geskei
  • 3 x 15 ml botter
  • 3 t vanielje
  • ½ t sout

Metode

  1. Gooi 8 k melk in ʼn groot kastrol en bring tot kookpunt.
  2. Klits eierwitte tot styf en hou eenkant.
  3. Klits eiergele, Maizena, suiker en oorblywende koppie koue melk saam.
  4. Roer nou by warm melk (klits met klitser as daar dalk klontjies is).
  5. Skakel plaat af, maar hou aan roer tot die mengsel verdik.
  6. Roer die botter in en vou dan die eierwitte in die mengsel in.
  7. Gooi uit in die gaar tertdoppe en versprei eweredig tot aan die rande.
  8. Sif pypkaneel oor en laat afkoel.

 

Verskaf deur Elsa de Wet (Nel) se dogter, Kootie Pretorius

Volgens Kootie was haar ma se melktert ’n wenner, want die geheime bestanddeel was liefde!

 

Bron: Deur dik en dun deur Riana Mulder

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Duppie ·

Ek verstaan nie daai een van die maizena nie. Hoekom dit by ‘n melktert gooi ???

Daan Erasmus ·

Ek kan verstaan van die maizenna. Maar is dit nie te veel nie.

E.K. die eerste ·

Wil iemand nie VIR my bak nie? Sommer vreklus vir dit en net te besig (en ook lui deesdae, doen net goed met maksimum 5 bestanddele) :D

Ellisras ·

Ek moet ‘n skuilnaam gebruik. Gekoopde Melktert is baie lekkerder as my vrou se Melktert. Dit is haar ma se resep, sy weier om ‘n ander resep te gebruik.

Net ek ·

A née a, almal is besig. Amper 70, bly in my eie huis, geen huis of tuin hulp. Het gister, 26 Feb 27 Melkterte gebak en by die Versorgingseenhede gaan aflewer vir hulle wat wil, maar nie meer kan nie.
Gelukkig Melktert Dag.

E.K. die eerste aan Net ek ·

Kalmeer my tannie. Alles tong-in-die-kies

Patricia ·

Hierdie resep us foutief. Die kors is nie genoeg vir die beslag nie, die bestanddele vir die beslag ook foutief, te veel Maizena en nêrens in die aanwysings vir die beslag sluit dit die botter in soos in die bestanddele lys nie.

Riana Mulder ·

Baie dankie vir almal se kommentaar! Die resep kom uit Tannie Elsa se familieresepte, direk van haar dogter af. Die kors is óf baie dun, of jy kan dit vermeerder na smaak. Sy het die Maizena so gebruik, maar jy kan dit sekerlik verminder as jy wil. Jammer oor die botter- dit word in die warm vulsel ingeroer voor jy die eierwitte inroer.

Ek het nou eiervla op my gesig…

Nadia ·

Julle kan almal die resep toets en my bel ek sal kom proe he-he…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.