Soorte resepte:

[Resep] Outydse pannekoek

Outydse pannekoek (Foto: Bitter + Soet)

Outydse pannekoek (Foto: Bitter + Soet)

Daar is mos niks so lekker soos outydse pannekoek op ʼn dag soos vandag nie!

Bestanddele

  • 6 eiers
  • 2 e gesmelte botter
  • 250 g koekmeel
  • knypie sout
  • 4 k volroommelk
  • 1 e olie
  • kaneelsuiker, om oor te strooi

Metode

  1. Skei die eiers. Klop die eiergele goed saam. Klop die eierwitte goed, maar nie baie styf nie. Vou die eierwit in die geklopte eiergeel.
  2. Roer die gesmelte botter by en dan die meel bietjie vir bietjie. Voeg die sout by.
  3. Heel laaste roer jy die melk en olie deur.
  4. Maak ʼn omeletpan warm. Voeg ʼn klont botter in die pan. Gooi ʼn bietjie beslag in die middel van die pan. Kantel die pan na die kante tot die deeg die kante raak.
  5. Wag tot die deeg los voel in die pan. Gooi in die lug op om om te keer.
  6. Bak verder tot mooi donker bruin kolletjies wys.
  7. Haal uit die pan en bestrooi met kaneelsuiker.
  8. Rol op en sit voor.

Bron: Bitter + soet: ’n Erfenisboek

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
DJ Krummelpap

Agge nee! 1:25 innie oggend sien ek hierdie artikel, en nou is ek soooooooo lus vir pannekoek!

peanut

Ek hoor jou smart ou Krummelpap, maar gelukkig is die son nou op e daar is geen fout met pannekoek vir Saterdag ontbyt.

Christien

Lyk na baie lekker resep, maar die bron boek lyk ook net so aanloklik vir leesstof.