Soorte resepte:

[Resep] Outydse soetkoekies

Foto: Lekker en Vinnig

Outydse soetkoekies. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer ± 12 dosyn

Bestanddele:

  • 1 kg koekmeel
  • 5 ml sout
  • 12,5 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 2 ml gerasperde neutmuskaat
  • knippie fyn naeltjies
  • 375 g (400) ml botter of margarien
  • 100 ml soetwyn
  • 100 ml gouestroop
  • 500 g (625 ml) bruinsuiker
  • 7 ml koeksoda
  • 2 eiers, geklits

Metode:

  1. Sif die koekmeel, sout en speserye saam en vryf die smeer in.
  2. Verhit die wyn, voeg die stroop en suiker by en roer die koeksoda by.
  3. Laat dit afkoel en voeg die eiers by.
  4. Meng die meelmengsel en die eiermengsel tot ʼn stywe, hanteerbare deeg. Laat staan dit oornag.
  5. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  6. Rol die deeg 5 mm dik uit.
  7. Druk die koekies uit met ʼn drukker, plaas dit op ʼn gesmeerde bakplaat en bak vir 10-12 minute lank tot ligbruin.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Boerekos, Cecile Kemp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Ouma mix,

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Tersia van Vuuren ·

Goeiedag

Ek is op soek na “Die Beste van WENRESPTE” is dit dalk moontlik om nog een te kan kry ?

Vriendelike Groete
Tersia

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.