Soorte resepte:

Resep: Paasbolletjies brood-en-botter poeding

Paasbolletjies-brood-en-botter-poeding

Paasbolletjies brood-en-botter poeding. Foto: Kreatiewekosidees.com

Hierdie resep is ideaal vir Paasbolletjies wat al ’n dag of twee oud is, of as jy al effens moeg is vir Paasbolletjies met botter.

Bestanddele:

  • 6 Paasbolletjies
  • 3 eiers
  • 250 ml melk
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn neut
  • 25 ml bruin suiker

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 190 grade.
  2. Sny elk elke Paasbolletjie in 8 stukke.
  3. Plaas dit in ʼn gesmeerde vlak oondvaste bak.
  4. Klits die eiers, melk, kaneel en neut saam.
  5. Gooi die mengsel oor die bolletjies en druk die bolletjies met ʼn vurk in die mengsel.
  6. Laat staan vir 20 minute tot al die vloeistof geabsorbeer is.
  7. Sprinkel die bruinsuiker oor die poeding en bak vir ongeveer 40 minute, tot die eier geset en die poeding goudbruin en bros bo-op is.
  8. Bedien louwarm met vla, room of roomys.

Bron:

Leanda se resepte deur Leanda van der Westhuizen wat gepubliseer is op Kreatiewekosidees.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.