Soorte resepte:

Resep: Pampoen-gesondheidsbeskuit

Foto: Lekker & Vinnig

Foto: Lekker & Vinnig

Uit: Ek sou kon doen met ’n pampoen, Nettie Cilliers.

Lewer 60 stukke

Bestanddele:

  • 375 g botter
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 10 ml sout
  • 500 ml karringmelk
  • 1 kg bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 200 g (5 x 250 ml) semels
  • 2 groot eiers
  • 125 ml sonneblomolie
  • 300 g (250 ml) pampoenpuree
  • 45 ml blatjang
  • 100 g (250 ml) pekanneute, fyngekap
  • 80 g (125 ml) pitlose rosyne

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 ̊C en smeer 2 middelslag-broodpanne goed.
  2. Smelt die botter en voeg die suiker, sout en karringmelk by. Meng goed.
  3. Sif die bruismeel en bakpoeier saam en meng die semels by.
  4. Klits die eiers en olie saam en voeg by die bottermengsel. Roer by die droë bestanddele en meng goed.
  5. Voeg die pampoen, blatjang, pekanneute en rosyne by en meng goed.
  6. Vorm balletjies met die deeg en pak in die broodpanne.
  7. Bak vir 1 uur en laat ’n rukkie in die panne afkoel voordat dit op ’n afkoelrak uitgekeer word om heeltemal af te koel.
  8. Breek die beskuite los van mekaar en pak op ’n oondrak. Laat oornag uitdroog by 80-100 ̊C.

Bron: Lekker & Vinnig saamgestel deur Hendri Warricker
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sharon ·

Kan mens hierdie beskuit suiker vry en “carb free” maak asb? Ek het 2 diabete in die gesin wat mal is oor beskuit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.