Soorte resepte:

Resep: Papawersaad-en-kersie-broodjie

Papawersaad-en-kersie-broodjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Kyk net hoe mooi!
Lewer 1 broodjie

Bestanddele

  • 3 ekstragroot eiers
  • 250 ml (1 k) vanieljegeur drinkjogurt
  • 75 ml (5 e) papawersaad
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 150 g sagte botter
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • Knypie sout
  • Klein bietjie ekstra koekmeel
  • 100 g (1 boksie) heel rooi glanskersies

Metode

  1. Stel die oond op 160°C.
  2. Klits eiers tot liggeel. Roer drinkjogurt, papawersaad en vanieljegeursel by. Hou eenkant.
  3. Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig.
  4. Sif koekmeel, bakpoeier en sout. Roer meelmengsel by bottermengsel tot gemeng.
  5. Roer eiermengsel by meel-en-botter-mengsel tot beslag vorm.
  6. Rol kersies in ekstra koekmeel tot goed bedek. Roer kersies by beslag in.
  7. Skep deeg in broodpannetjie van 8 cm x 26 cm wat met bakpapier uitgevoer is.
  8. Bak vir 60 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  9. Laat die broodpannetjie afkoel. Keer op afkoelrakkie uit en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.