Soorte resepte:

Resep: Pappizza

Pappizza (Foto: Lapa Uitgewers)

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 750 ml stywepap
  • 1 x 420 g-blik tamatie-en-uiesmoor, gekap
  • 5 ml vars of 3 ml droë orego
  • 5 ml gekapte vars basiliekruid of 3 ml droë basiliekruid
  • 6 knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 5 ml bruinsuiker
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • ½ soetrissie, ontpit en in repies gesny
  • 200 g salami, in blokkies gesny
  • 2 klein uie, in ringe gesny
  • 6 swart olywe, gehalveer (opsioneel)
  • 200 ml gerasperde Mozzarellakaas
  • 20 ml gerasperde Parmesaankaas

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Smeer ʼn tertbord met ʼn deursnee van 250 mm en druk pap in bord vas.
  3. Verhit tamatiesmoor, orego, basiliekruid, knoffel, suiker, sout en peper saam. Kook tot ingedamp en smeer oor pap.
  4. Rangskik soetrissie, salami, uie en olywe bo-op.
  5. Strooi kaas oor, bak 20-30 minute lank tot deurwarm en sit dadelik voor.

Bron: Lekker en Vinnig Braaigeregte (Oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers deur Hannetjie Joubert)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.