Soorte resepte:

Resep: Pasta Alfredo

Pasta Alfredo (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ek moet bieg, ek is nie mal daaroor om my kos te deel nie. Ek hou wel daarvan om ander mense se kos met hulle te deel. So om jou eie, individuele pot kos te hê waaraan niemand kan raak nie, is vir my ’n baie groot pluspunt,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

 

’n Smullekker warm dis vir koue wintersaande.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

1 k room
3 eiergele
varsgemaalde sout en peper
6 medium murgpampoentjies
150 g ham
100 g ricotta
1 k mozzarella, gerasper
fyn parmesaan
droë oreganum

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die room en eiergele saam in ’n mengbak. Geur met varsgemaalde sout en peper.
  3. Sny die murgpampoentjies met ’n groenteskiller in linte. Jy kan ook rou zoedels (zucchini-noedels, kyk bl. 96) as plaasvervanger gebruik.
  4. Sny die ham in dun repies van ongeveer 0,5 cm.
  5. Gebruik vier klein oondbakkies. Begin deur ’n laag murgpampoentjies in elke bakkie te plaas. Plaas dan ’n laag ham en ’n laag gekrummelde ricotta daarin. Herhaal die lae tot al die bestanddele opgebruik is of totdat elke bakkie driekwart vol is.
  6. Giet die roommengsel in elke bakkie totdat dit die boonste laag bedek.
  7. Plaas genoeg mozzarella in elk van die bakkies om die boonste laag klaar te maak.
  8. Strooi laastens die fyn parmesaan en oreganum oor.
  9. Plaas in die oond en bak vir 15 minute.
  10. Laat die bakkies vir 5 minute rus voor jy dit bedien.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

N van P ·

Kan die gevries word as jy dit vooraf maak klaar in die bakkies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.