Soorte resepte:

Resep: Pasteis de Nata

Pasteis de Nata (Portugese melktertjies) (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie smelt-in-jou-mond-melktertjies is uiters gewild in die strate van Portugal; nou kan jy dit in jou eie kombuis probeer maak!

Lewer 12 tertjies

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • ½ k (125 ml) Clover­volroommelk
  • 3 eiergele
  • ½ k (125 ml) strooisuiker
  • 1 e (15 ml) mielieblom
  • 2 t (10 ml) vanieljegeursel
  • 1 rof (400 g) gekoopte skilferdeeg, ontdooi
  • 1 e (15 ml) versiersuiker

Metode

  1. Verhit die room en melk saam tot kookpunt. Verwyder van die hitte.
  2. Klits die eiergele, strooisuiker en mielieblom saam. Voeg die warm melkmengsel by en klits.
  3. Verhit die mengsel weer oor lae hitte tot kookpunt en roer tot verdik. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by. Laat afkoel. Bedek die mengsel met kleefplastiek om te voorkom dat ’n velletjie vorm.
  4. Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n muffinpan.
  5. Rol die deeg oop en sny dit in die helfte. Plaas een helfte bo-op die ander en rol dit styf op. Sny dit in 12 skywe. Plaas die skywe op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol dit effens groter uit. Druk ’n skyf deeg in elk van die holtes in die pan vas.
  6. Skep die afgekoelde vla in die korse en bak dit vir 20 tot 25 minute, of tot gaar en goudkleurig. Voorverhit die oond se roosterelement. Sif versiersuiker oor die tertjies en plaas dit onder die warm roosterelement vir 1 tot 2 minute.
  7. Laat afkoel en sif nog versiersuiker oor om voor te sit.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vrijburger ·

My Porratjie met wie ek nou al ‘n leeftyd getroud is, het my met pasteis de nata in haar wip gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.