Soorte resepte:

Resep: Patatkoek

Foto net ter illustrasie (Foto: Asma Turki/Pixabay)

Probeer dié naweek iets nuuts en maak hierdie lekker patatkoek!

Lewer 1 groot koek

Bestanddele

KOEK

  • 4 ekstragroot eiers, geskei
  • 75 ml (5 e) water
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 375 ml (1½ k) olie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) gaar patat, fyngemaak
  • 100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • knypie fyn neutmuskaat
  • knypie sout

VERSIERSEL

  • 60 ml (4 e) sagte botter
  • 625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
  • 125 g (½ bakkie) laevet roomkaas
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
  • bietjie fyn kaneel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Koek: Klits eiergele, water en strooisuiker tot liggeel.
  3. Klits olie en vanieljegeursel by.
  4. Roer patat en neute by tot goed gemeng.
  5. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en sout. Roer meelmengsel by eiermengsel.
  6. Klits eierwitte tot stywepunt stadium en vou by beslag in.
  7. Skep beslag in twee ronde koekpanne met 20 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Laat koeke effens in koekpanne afkoel voor dit op afkoelrakkie uitgekeer word.
  9. Laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
  10. Versiersel: Room botter en versiersuiker tot liggeel. Voeg bietjie roomkaas by indien versiersel te styf is en klits tot glad met elektriese klitser.
  11. Roer roomkaas met lepel by versiersel, maar moenie te veel roer nie.
  12. Sny koeke horisontaal deur en smeer versiersel op elke koeklaag.
  13. Plaas koeklae bo-op mekaar en sprinkel pekanneute en kaneel bo-oor.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
AW

Al waarom ekke n MM lid is, vir die Resepte !!!