Soorte resepte:

Resep: Peer-en-bosbessie-tertjies

Peer-en-bosbessie-tertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie deftige happie is vars en pikant, maar tog baie maklik om te maak.

Lewer 16 tertjies

Bestanddele

  • 800 g (2 rolle) skilferkorsdeeg

VULSEL

  • 410 g (1 blik) pere, in stukkies gesny
  • 187 ml (¾ k) bosbessies
  • 60 ml (4 e) strooisuiker
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 60 ml (4 e) pistasieneute, grofgekap
  • ekstra strooisuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 ° Voer ʼn bakplaat met bakpapier uit en spuit met kossproei.
  2. Sny 16 skilferkorsdeegblokke van 6 cm x 6 cm groot uit die een rol skilferkorsdeeg. Rangskik die deegblokke op die voorbereide bakplaat.
  3. Verf ʼn bietjie water op die rande van die deegvierkante.
  4. Sny 16 skilferkosdeegblokke van 8 cm x 8 cm groot uit die tweede rol deeg. Druk klein blommetjies of hartjies in die middel van die skilferkorsdeeg.

VULSEL

  1. Meng die bestanddele vir die vulsel. Skep een eetlepel vulsel op die kleiner deegblokke.
  2. Plaas die groter deegblokke bo-op en druk die rande met ʼn vurk bymekaar.
  3. Verf ʼn bietjie melk oor en bak vir 15 minute of tot goudbruin.
  4. Sit saam met styfgeklitste room en vars bessies voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur deur Marlo Kitshoff-Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.