Hierdie deftige happie is vars en pikant, maar tog baie maklik om te maak.
Lewer 16 tertjies
Bestanddele
- 800 g (2 rolle) skilferkorsdeeg
VULSEL
- 410 g (1 blik) pere, in stukkies gesny
- 187 ml (¾ k) bosbessies
- 60 ml (4 e) strooisuiker
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 60 ml (4 e) pistasieneute, grofgekap
- ekstra strooisuiker
Metode
- Voorverhit die oond tot 220 ° Voer ʼn bakplaat met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Sny 16 skilferkorsdeegblokke van 6 cm x 6 cm groot uit die een rol skilferkorsdeeg. Rangskik die deegblokke op die voorbereide bakplaat.
- Verf ʼn bietjie water op die rande van die deegvierkante.
- Sny 16 skilferkosdeegblokke van 8 cm x 8 cm groot uit die tweede rol deeg. Druk klein blommetjies of hartjies in die middel van die skilferkorsdeeg.
VULSEL
- Meng die bestanddele vir die vulsel. Skep een eetlepel vulsel op die kleiner deegblokke.
- Plaas die groter deegblokke bo-op en druk die rande met ʼn vurk bymekaar.
- Verf ʼn bietjie melk oor en bak vir 15 minute of tot goudbruin.
- Sit saam met styfgeklitste room en vars bessies voor.
Bron: Beste uit Vrouekeur deur Marlo Kitshoff-Carstens
Uitgewer: Lapa