Soorte resepte:

Resep: Perske-en-appel-kluitjiepoeding

Perske-en-appel-kluitjiepoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie poeding is heerlik saam met roomys, room of vla.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • ½ k (125 ml) Clover Krush- mango-en-perskesap
  • 700 g perskes, pitte verwyder en in kwarte gesny
  • 400 g appels, geskil, stronke verwyder en in kwarte gesny
  • 2 e (30 ml) suiker
  • ¾ k (105 g) bruismeel
  • ¼ k (55g) strooisuiker
  • ½ t (2 ml) fyn gemmer
  • ½ t (2 ml) fyn kaneel
  • ¼ k (60 g) Clover Springbok- botter, in blokkies gesny
  • ½ k (75 g) haselneute, gerooster en fyngekap
  • 1 eiergeel
  • ¼ k (60 ml) Clover-room

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Meng die sap, perskes, appels en suiker in ʼn kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 5 minute. Giet die vrugtemengsel in ʼn 2 liter-oondbak.
  3. Meng die meel, strooisuiker, gemmer en kaneel in ʼn mengbak. Vryf die botter met vingerpunte by die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.
  4. Voeg die gekapte haselneute by en roer die eiergeel en room by om ʼn klewerige deeg te vorm.
  5. Skep lepelsvol van die deeg oor die vrugte en bak vir 30 tot 35 minute tot die kluitjie goudbruin en opgepof is. Sit voor met room of roomys.

Bron: Gunsteling-poedings deur Clover

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.