Soorte resepte:

Resep: Piesangbrood

Foto ter illustrasie (Foto: Jeff Siepman/Unsplash)

Met neute en kersies kan jy dié piesangbrood sommer vir nagereg ook voor sit.

Bestanddele

  • 2 eiers
  • 6-8 ryp piesangs, fyngedruk
  • 500 ml bruismeel
  • 375 ml suiker
  • knippie sout
  • 125 g botter
  • 180 ml louwarm melk
  • 2 ml koeksoda
  • 2 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Klits die eiers tot skuimerig en voeg die piesangs by.
  2. Meng die bruismeel, suiker en sout in ʼn groot mengbak. Voeg die eiermengsel by.
  3. Smelt die botter in die melk en voeg die koeksoda en vanieljegeursel by. Roer dit by die meelmengsel om ʼn slap beslag te vorm.
  4. Skep dit in twee gesmeerde broodpanne en bak 25 minute lank teen 190 °C. Skakel die oond af en laat die brood nog ʼn rukkie daarin staan tot ʼn toetspen skoon uitkom.

WENKE:

  • Vier tot vyf piesangs lewer 250 ml moes.
  • Die brood vries uitstekend.
  • Voeg neute en kersies by en sit dit as nagereg voor.

Bron: 50 Boerekos-geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Frank

Moenie ‘n handvol gebreekte pekan neute bo-op vergeet nie (en ‘n bietjie wat nog fyner is, ingemeng). Nei man, los die kersies