Soorte resepte:

Resep: Piesangkoek

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Piesangkoek. (Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur/Lapa Uitgewers)

Hierdie piesangkoek met botterversiersel en pekanneute is absoluut onweerstaanbaar.

Lewer 1 ringkoek

Bestanddele:

Koek

  • 2 ekstragroot eiers
  • 312 ml (1¼ k) strooisuiker
  • 125 ml (½ k) olie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 375 ml (1½ k) piesang, fyngedruk
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 187 ml (¾ k) karringmelk

Versiersel

  • 60 ml (4 e) sagte botter
  • 625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
  • 2,5 ml (½ t) karamelgeursel
  • 30 ml (2 e) melk
  • paar pekanneute, fyngekap

Metode:

Stel oond op 180 °C.

Koek

  1. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
  2. Voeg olie en vanieljegeursel by en klits vir 2 minute.
  3. Roer piesang by tot goed gemeng.
  4. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
  5. Meng meelmengsel en karringmelk beurtelings by eiermengsel tot goed gemeng.
  6. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan met 24 cm-deursnee.
  7. Bak vir 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Laat koek bietjie in koekpan afkoel. Keer koek op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.

Versiersel

  1. Verroom botter tot liggeel. Klits versiersuiker bietjies-bietjies by.
  2. Voeg karamelgeursel en melk by namate versiersel te styf word. Klits tot romerig.
  3. Smeer versiersel bo-oor koek wanneer dit heeltemal afgekoel is. Sprinkel pekanneute bo-oor en geniet dit!

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.