Soorte resepte:

Resep: Plaatkoekies

Plaatkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Plaatkoekies is in baie huishoudings ʼn tradisionele gereg.

Lewer 12 plaatkoekies

Bestanddele

  • 500 ml/250 g Sasko-semelryke bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 30 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 250-275 ml melk
  • 2 groot eiers
  • 10 ml sonneblom- of kanola-olie
  • olie vir braai

Metode

  1. Meng die bruismeel, bakpoeier, suiker en sout en maak ʼn holte daarin.
  2. Klits die melk, eiers en olie saam en giet dit in die holte van die droë bestanddele. Begin van die middel af om die vloeistof en droë bestanddele te meng tot ʼn gladde beslag vorm.
  3. Verhit ʼn braaipan tot matig warm. Verf die bodem van die pan met ʼn bietjie olie. Skep 50 tot 75 ml beslag entjies uitmekaar in die braaipan. Laat ruimte vir die beslag om te versprei en te rys.
  4. Bak die plaatkoekies totdat borrels op die oppervlak vorm en begin breek. Draai dit met ʼn eierspaan om en bak die ander kante.

Wenke:

  • Die plaatkoekies kan vir 24 uur in die koelkas gebêre of tot 3 maande in ʼn lugdigte houer bevries word. Verpak die plaatkoekies voor bevriesing tussen lae bakpapier in hoeveelhede wat jy per keer wil gebruik.
  • Die plaatkoekies sal maklik voor teetyd of pouse in die kosblik ontdooi.
  • Die resep kan maklik halveer word.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Noels244 ·

Ai, ek is so lank al lus vir plaat koekies, maar my ma wil nie die skimp vang nie

Marisa W ·

vrouens vang nie skimpe nie – jy sal maar moet reguit vra – wat is in elk geval verkeerd met jou hande – hoekom bak jy nie self nie?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Onthou om die plaatkoekies goed te dreineer as jy olie gebruik. Spray-and-Cook is beter veral as jy geneig is tot galaanvalle of slegte spysvertering of aan IBS of IBD lei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.