Soorte resepte:

[Resep] Poeding met koffie en Choc-kits

Foto: Maroela Media

Poeding met koffie en Choc-kits. Foto: Maroela Media

Hier is nog ʼn heerlike resep om Koffiedag op 29 September te vier. Hierdie resep is so maklik, selfs diegene wat nie kan bak nie, sal soos ʼn meesterbakker lyk. Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié resep ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir nog unieke koffieresepte.

Bestanddele:

  • 2 pakke Bakers Choc-kits – een wit pak en een bruin pak
  • 500 ml room
  • 4 x 120 ml skote (shots) espresso

Metode:

  1. Pak die koekies in ʼn oondvaste bak.
  2. Gooi espresso en room bo-oor die koekies.
  3. Plaas in oond by 180 °C sonder deksel. Bak vir ongeveer 45 minute (of tot die room-mengsel borrel en koekies bo-op bruin is).
  4. Haal uit die oond en bedien in pikante porsies met tuisgemaakte vla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.