Soorte resepte:

Resep: Rina se tamboesies

Rina se tamboesies (Foto: Lapa Uitgewer)

Genoeg vir 6 dosyn.

Bestanddele

SUURROOM-TERTDEEG

  • 560 g (4 x 250 ml) koekmeelblom
  • 2 t (10 ml) kremetart
  • 1 t (5 ml) sout
  • 500 g Clover Farmstyle-botter
  • 500 ml Clover-suurroom

VULSEL

  • 1 liter Clover-volroommelk
  • ½ k (125 ml; 65 g) vlapoeier
  • 70 g (125 ml) koekmeelblom
  • 100 g (125 ml) suiker

VERSIERSEL

  • 65 g (125 ml) versiersuiker
  • 1 t (5 ml) suurlemoensap
  • Kookwater

 

Metode

TERTDEEG

  1. Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter in met vingerpunte tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suurroom by en meng.
  2. Rol uit op ’n meelbestrooide oppervlak en vou in drie dele. Vou dubbel, bedek met kleefplastiek en plaas oornag in yskas.
  3. Rol uit, nie te dun nie, sny in vierkante van 5 x 5 cm. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak in voorverhitte oond by 200 °C vir ongeveer 10 minute.

VULSEL

  1. Meng 1 k (250 ml) melk met die res van die vulselbestanddele tot glad. Kook die oorblywende melk. Sodra dit gekook het, voeg die res van die melkmengsel by en roer oor lae hitte tot gaar. Verwyder en laat goed koud word.
  2. Sny die afgekoelde tamboesies in die dwarste middeldeur, plaas vulsel in ’n versiersak en spuit vulsel op die onderste laag deeg. Plaas die ander helfte bo-op.
  3. Meng versiersuiker, suurlemoensap en genoeg kookwater tot net loperig en skep lepelsvol op elke tamboesie.

 

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tollies ·

genoeg vir 6 dosyn mense dan is die bestandele te min dit moet net met 4 verdubbel word
of meer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.