Soorte resepte:

Resep: Rooi fluweelkoek

Rooi fluweelkoek (Foto: Lapa Uitgewers)

Jou volgende koek-en-tee-sessie sal alte jolig gaan wanneer jy dié rooi fluweelkoek bedien.

Bestanddele

Koek

  • 2½ k koekmeel
  • 1½ k suiker
  • 1 t bakpoeier
  • 1 t sout
  • 1 t kakao
  • 1½ k olie
  • 1 k karringmelk
  • 2 groot eiers (kamertemperatuur)
  • 2 e rooi voedselkleursel
  • 1 t witwynasyn
  • 1 t vanieljegeursel

Versiersel

  • 500 g botter
  • 1,3 kg roomkaas
  • 15 ml vanieljegeursel
  • 750 g versiersuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot koekpanne.
  2. Strooi koekmeel in die koekpanne nadat dit gesmeer is.
  3. Sif die meel, suiker, bakpoeier, sout en kakao saam.
  4. Klits die olie, karringmelk, eiers, kleursel, asyn en vanieljegeursel saam.
  5. Gebruik ʼn menger en meng die droë bestanddele by die nat bestanddele tot net gemeng en jy ʼn lekker beslag het.
  6. Verdeel die beslag tussen die voorbereide koekpanne en bak tot die koek effens van die pan begin wegtrek en ʼn toetspen skoon uitkom, ongeveer 30 minute.
  7. Onthou om die koeke halfpad deur die baktyd te draai. Verwyder die koek uit die oond en druk ʼn mes langs die rande in om die koek effens los te maak.
  8. Keer die koeke uit en laat heeltemal afkoel.

Versiersel

  1. Verroom die botter met ʼn handmenger en voeg daarna die roomkaas by.
  2. Verroom die twee saam en voeg die vanieljegeursel by.
  3. Meng die versiersuiker stelselmatig by tot die versiersel soet genoeg is vir jou.
  4. Smeer die versiersel lekker dik tussen die koeklae en plaas op mekaar.
  5. Versier die res van die koek met die versiersel en rond af soos jy verkies – die silwer balletjies lyk vir my oulik.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer:
Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet ·

Aikona. Ek luv roomkaas. maar, 1,3kg daarvan vir die koek? Daai is nie reg nie!

Gideon ·

Hierdie is n spons koek met rooi kleursel. n Ware fluweel koek word gebak met rou beet (smaak) en die rooi kleur is n delikate chemiese reaksie: Cocoa poeier bevat die antioxidant anthocyanin, wat pH-sensitief is. Dit beteken dat die cocoa reageer met die suur in die karringmelk en asyn en dit kleur die cacao donker rooi. Dit was die oorspronklike resep maar is nie so maklik om te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.