Soorte resepte:

Resep: Rooifluweelkoek

Rooifluweelkoek (Foto: Pixabay)

Hierdie koek kry sy unieke geur van die karringmelk, asyn, koffie en kakao.
Lewer 2 lae van 20 cm-deursnee of 3 van 15 cm in deursnee.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) sout
  • 30 ml (2 e) kakao
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 250 ml (1 k) olie
  • 2 eiers
  • 250 ml (1 k) karringmelk
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 5-10 ml (1-2 t) rooi jelkleursel
  • 5 ml (1 t) witasyn
  • 125 ml (½ k) sterk warm koffie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Meng die meel, koeksoda, bakpoeier, sout en kakao.
  3. Meng die suiker en olie.
  4. Meng die eiers, karringmelk, vanieljegeursel en rooi kleursel by die suikermengsel.
  5. Voeg die asyn en koffie by.
  6. Meng die droë bestanddele bietjie vir bietjie by.
  7. Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak dit in die voorverhitte oond – ongeveer 27 minute vir die 20 cm-lae en 25 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ʼn toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom.
  8. Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.

Klik hier vir ʼn heerlike roomkaasversiersel om die koek mee te versier.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.