Soorte resepte:

Resep: Roomskons

Roomskons (Foto: Lapa-uitgewers)

Almal hou mos van ʼn romerige skon met aarbeikonfyt.

Lewer 12 skons

Bestanddele

  • 500 g (4 k) bruismeel
  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • knippie sout
  • 250 ml (1 k) CLOVER- vars room
  • 187 ml (¾ k) Sprite-koeldrank
  • ekstra bruismeel vir die werksoppervlak
  • bietjie CLOVER-volroommelk vir bo-oor

OPDIENING

  • 250 ml (1 k) CLOVER- vars room
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
  • 15 ml (1 e) versiersuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Meng die bruismeel, strooisuiker en sout saam in ʼn groot genoeg mengbak.
  3. Meng die room en Sprite saam en roer by die meelmengsel. Druk die mengsel met die hande bymekaar, maar moenie knie nie.
  4. Sprinkel ekstra meel op die werksoppervlak en druk die deeg tot gelyk bo-op. Die deeg moet ongeveer 2 cm hoog wees.
  5. Druk skons met ronde koekiedrukker uit deeg.
  6. Plaas die skons op ʼn bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
  7. Verf die bokante van die skons met melk.
  8. Bak vir 13 minute, of tot goudbruin.

OPDIENING

  1. Klits die room saam met die vanieljegeursel en versiersuiker tot net styf.
  2. Sny die skons in die middel deur. Skep room op die skonhelftes.
  3. Sit voor saam met aarbeikonfyt.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.