Soorte resepte:

Resep: Roosmaryn-en-okkerneut-biscotti

Foto ter illustrasie (Shirqille Tisi/ Unsplash)

Bestanddele

Glaseersel

  • 100 g (125 ml) suiker
  • 60 ml water
  • 10 ml vars roosmaryn

Gekaramelliseerde okkerneute

  • 100 g (250 ml) okkerneute
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml botter

Biscotti

  • 1 eier
  • 125 ml ongegeurde jogurt
  • 125 g sagte botter
  • 310 g (260 ml) koekmeel
  • 30 ml mielieblom
  • 10 ml bakpoeier
  • 6 ml sout
  • 20 ml vars gekapte roosmaryn en gekaramelliseerde okkerneute

Metode

  1. Glaseersel: Verhit die suiker en water in ʼn kastrolletjie tot kookpunt en kook 2 minute lank. Voeg die roosmaryn by en verwyder dit van die hitte. Laat trek dit 1 uur lank.
  2. Gekaramelliseerde okkerneute: Bak die neute vir 5 minute op ʼn bakplaat in die oond by 180 ˚C.
  3. Verhit die neute, suiker en sout in ʼn swaarboompan oor lae hitte op die stoof. Roer aanhoudend tot byna al die suikerkorrels gesmelt het, voeg die botter by en meng vinnig deur.
  4. Keer die neute op waspapier of foelie uit, laat afkoel en kap dit in growwe stukke.
  5. Biscotti: Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer die bakplaat liggies.
  6. Klits die eier, jogurt en botter saam.
  7. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout by. Voeg die roosmaryn en neute by en meng goed.
  8. Verdeel die deeg en vorm twee rolle van 300 mm lank en 40 mm in deursnee.
  9. Plaas die rolle effens uitmekaar op die bakplaat en bak dit 20 minute. Verf die rolle met die glaseersel en bak dit nog 10 minute. Laat dit afkoel.
  10. Sny die rolle in skywe van 150 mm dik en rangskik dit op ʼn bakplaat. Droog dit ongeveer 45 minute lank by 140 ˚C uit.

Bron: 200 Beskuit en Biscotti resepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.